9 Jaar

Ek het altyd nog gespook
Gespook met die regte woorde oor jou
Daar’s so baie wat jy sê en doen
So baie wat ek moet onthou

Ek verdrink in die liefde
‘n See van liefde in my hart
As ek eendag by die Here kom
Sal ek hoor of dit genoeg was

Jy’s vir my gegee
Om my alles en nog meer van die liefde te leer
Jy’s vir my geleen
En mag God jou met die beste in die lewe seën

Ek het altyd gehoop
Dat ek goed vir jou sal wees
Is daar ‘n boek uit die hemel
Met ‘n riglyn, ‘n riglyn wat ek kan lees?

Ek raak bang as ek dink
Aan die wêreld daar buite ‘n wêreld waarin jy moet leef
Maar ek bid dat jou engele
Elke dag om jou sal sweef

Jy’s vir my gegee
Om my alles en nog meer van die liefde te leer
Jy’s vir my geleen
En mag God jou met die beste in die lewe seën

Hoe moet ek jou laat gaan?
As die tyd aanbreek
Hoe moet ek verstaan?
Net die tyd sal leer

Jy’s vir my gegee
Om my alles en nog meer van die liefde te leer
Jy’s vir my geleen

Jy’s vir my gegee
Om my alles en nog meer van die liefde te leer
Jy’s vir my geleen
En mag God jou met die beste in die lewe seën
Beste in die lewe seën

Most popular songs of Neil Somers

Other artists of Folk rock