Neonlig Nagdans

Wanneer jy weg raak in ‘n neonlig nagdans
Verloor ek myself in die middernag blues
Wat bloei deur my high five iets kouds op standby
Gin my ‘n oomblik om hier te vertoef

Ek verloor jou op die bodem van ‘n glas vol KWV
Dis die derde keer dié week wat ek myself oorgee maar jou stem raak nie stil nie al staan die glasse leeg
Nog een glas en jy is uitgevee maar die vuur is al uitgebrand soek vrede aan die anderkant
Wat ek nie sou gee nie
Om jou te hoor nie, om jou te sien nie
Om jou te voel nie, myself te wees nie

Baklei teen spoke wat my wil verdrink
Ek raak uit asem as jy eers insink
Al slaan ek water om bo te bly
Hoor ek jou woorde en ek begin weer gly

Ek verloor jou op die bodem van ‘n glas vol KWV
Dis die derde keer dié week wat ek myself oorgee maar jou stem raak nie stil nie al staan die glasse leeg
Nog een glas en jy is uitgevee maar die vuur is al uitgebrand soek vrede aan die anderkant
Wat ek nie sou gee nie
Om jou te hoor nie, om jou te sien nie
Om jou te voel nie, myself te wees nie

Maak die neonligte jou blind?
Sal jy jouself weer daar vind?
Gaan jy weer jou hart kom kry?

Of moet ek hom eers hou vir nou?
Sal ons alles dalk berou?
Moet ons eers nog honger bly?

Ek verloor jou op die bodem van ‘n glas vol KWV
Dis die derde keer dié week wat ek myself oorgee maar jou stem raak nie stil nie al staan die glasse leeg
Nog een glas en jy is uitgevee maar die vuur is al uitgebrand soek vrede aan die anderkant
Wat ek nie sou gee nie

Want jou stem raak nie stil nie al staan die glasse leeg
Nog een glas en jy is uitgevee maar die vuur is al uitgebrand soek vrede aan die anderkant
Wat ek nie sou gee nie
Om jou te hoor nie, om jou te sien nie
Om jou te voel nie, myself te wees nie

Most popular songs of Neil Somers

Other artists of Folk rock