Goeienag Generaal [Live]

Dit was die oorlog vir die nuwe dag, vir die kerkraad, swanger meisie wat wag
In die reën al die kinders wat die dominee seen
Al die jong laaities so net uit die skool, welkom
Welkom

As vir die ryk man, Waterkloofstraat, blink gebou, almal werk
Maar niemand mag praat, was vir die weduwees
Die armes van gees, almal in 'n uniform en die kapelaan lees

Whitey, jou oë
Op daai dag was blou
Net soos die lug
En toe ons weer so kyk het ‘n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal

Ja, dit was die oorlog vir die nuwe dag
Vir Harry Oppenheimer en al sy maats
Vir Rembrandt van Rijn, Alfred Dunhill, die OK Bazaars en die hele spul by die SAUK

Was dit die oorlog vir die CIA
Generaal ry rond in sy blinkswart kar
Speel skaak met die kinders van die land
Maar agter hom sit die wêreld nou erg aan die brand

Whitey, jou oë
Daai dag was blou
Net soos die lug
En toe ons weer so kyk het ‘n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal

Whitey, jou oë
Op daai dag was blou
Net soos die lug
En toe ons weer so kyk het ‘n AK jou fucked-up geskiet
Goeienag Generaal

Trivia about the song Goeienag Generaal [Live] by Piet Botha

When was the song “Goeienag Generaal [Live]” released by Piet Botha?
The song Goeienag Generaal [Live] was released in 1997, on the album “’n Suitcase vol winter”.

Most popular songs of Piet Botha

Other artists of