Keeza

Riaan Benadé

Wolke op die horison en ek weet
Hier kom die wind wat my droogte gaan breek en daar is donderweer
Elke keer as sy in stilte arriveer

Sy's sag maar sy trek oorals in
Die fynste reën waar my lewe begin en kyk wat gebeur
Met al my seer as sy in stilte arriveer

Keeza jy
Verraai my as ek vra jy moet bly
Ek probeer die droogte weghou vir nou vir jou
Ja wel sy soen soos Keeza
Maar Keeza niemand soen soos jy

Laas somer laas gesien
Elke kleur tien keer mooier as die vorige keer en jy
Bly by my tot die wind jou kom haal

Keeza jy
Verraai my as ek vra jy moet bly
Ek probeer die droogte weghou vir nou vir jou
Ja wel sy soen soos Keeza
Maar Keeza niemand soen soos jy

Sal eendag nog by my bly
Die seisoen wat ek kan hou vir my
Al is die ure kort en die wag so lank
Sal ek vashou tot jy land

Keeza jy
Verraai my as ek vra jy moet bly
Ek probeer die droogte weghou vir nou vir jou
Ja wel sy soen soos Keeza
Maar Keeza niemand soen soos jy

Verraai my as ek vra jy moet bly
Ek probeer die droogte weghou vir nou vir jou
Ja wel sy soen soos Keeza
Maar Keeza niemand soen soos jy

Trivia about the song Keeza by Riaan Benade

When was the song “Keeza” released by Riaan Benade?
The song Keeza was released in 2020, on the album “Spontaan”.
Who composed the song “Keeza” by Riaan Benade?
The song “Keeza” by Riaan Benade was composed by Riaan Benadé.

Most popular songs of Riaan Benade

Other artists of