Die Dae Van Die Ysterwiel Kruiwa

Oe, ek onthou nog daardie dae, die dae met die ysterwiel kruiwa
O, hy stoot so swaar en ons moes altyd jaag, die werk moes klaar
En daai ysterwiel was so swaar soos lood en na skool moes ons kruiwa stoot
So krom, krom, so het ek't geloop, die boggel op my rug is van kruiwa stoot

So het ons gestoot daardie dae
So het ons gestoot met daai kruiwa
Die stootery was swaar daai dae, die dae met die ysterwiel kruiwa

So het ons gestoot daardie dae
So het ons gestoot met daai kruiwa
Die stootery was swaar daai dae, die dae met die ysterwiel kruiwa

Ek kan vandag steeds my pa hoor, hy sê, stoot daarvoor, ons moet die buld oor
En ons was gemoor met daai kruiwa, en praat jy teë, dan kry jy slae
En daai ysterwiel was vreeslik swaar en ons klomp kinders vreeslik maer
Die son was warm, die sand was dik, daar in die bosveld het ek leer bid

So het ons gestoot daardie dae
So het ons gestoot met daai kruiwa
Die stootery was swaar daai dae, die dae met die ysterwiel kruiwa

So het ons gestoot daardie dae
So het ons gestoot met daai kruiwa
Die stootery was swaar daai dae, die dae met die ysterwiel kruiwa

Ek dink soms terug aan daardie dae en wat het geword van daai kruiwa?
En my kwaai pa, hy's lankal dood, ek glo daar bo moet hy kruiwa stoot
En vandag nog is daar fout met my kop, die dokter sê ek lei aan kruiwa skok
En nooit sal ek weer agter 'n kruiwa loop want ek het genoeg in my lewe gestoot

So het ons gestoot daardie dae
So het ons gestoot met daai kruiwa
Die stootery was swaar daai dae, die dae met die ysterwiel kruiwa

So het ons gestoot daardie dae
So het ons gestoot met daai kruiwa
Die stootery was swaar daai dae, die dae met die ysterwiel kruiwa

So het ons gestoot daardie dae
So het ons gestoot met daai kruiwa
Die stootery was swaar daai dae, die dae met die ysterwiel kruiwa
Die dae met daai ysterwiel kruiwa

Most popular songs of Ricus Nel

Other artists of Middle of the Road (MOR)