Geen Beter Tyd As Nou [Duet]

Jy was so beeldskoon van kleins af
Jou pa se mooiste prinses
Oulik in jou ma se high heels
En met haar krale opgedress

Skuins agter jou huis in Kerkstraat
Toe somer in die bome hang
En jy die eerste keer my hand raak
Het jy my hart ook saam gevat

My engel engel waar is jy nou?
Soos die swaeltjies somer soek
Bly ek ook steeds opsoek na jou

My engel engel kan jy onthou?
Ek het beloof ek kom jou haal
Daar is geen beter tyd beter tyd as nou

Jy was brawer as die meeste
Maar altyd bietjie skaam vir my
En as die seuns jou vir 'n dans vra
Het ek net een kant staan en kyk

My engel engel waar is jy nou?
Soos die swaeltjies somer soek
Bly ek ook steeds opsoek na jou

My engel engel kan jy onthou?
Ek het beloof ek kom jou haal
Daar is geen beter tyd beter tyd as nou

Hierdie jare ons staan hier vergeet
Of dwaal ons net in sirkels rond?

My engel engel hier is ons nou
Soos die swaeltjies somer soek
Het ek my pad gevind na jou

My engel engel ons is nou saam
Nou kan seisoene kom en gaan
Solank jy net hier by my
Net hier by my staan

Trivia about the song Geen Beter Tyd As Nou [Duet] by Ricus Nel

When was the song “Geen Beter Tyd As Nou [Duet]” released by Ricus Nel?
The song Geen Beter Tyd As Nou [Duet] was released in 2013, on the album “Sout Van Die Aarde”.

Most popular songs of Ricus Nel

Other artists of Middle of the Road (MOR)