Joey

Ek weet jy bly nou oor die water
En ons tyd is dalk verby
Van my eerste koppie koffie
Tot die aand is dit net jy

Wat in my kop rond dans
My herinner aan daai dag
Na my heel laaste kans
Maar ek het te lank gewag

Joey, my hart kan dit nie hou nie
By die plaas se wilgerboom kan ek ure sit en droom
Dan verlang ek weer na Joey
Hierdie hart verlang na jou

Lees jy die briewe wat ek jou skryf?
Of sê my het jy aanbeweeg?
Jy't my belowe vir altyd
Nou's die plek hier langs my leeg

En nou verlang ek so
Ek wonder hoe sou alles wees?
Maar ek sal aanhou glo
Dat ek jou man eendag sal wees

Joey, my hart kan dit nie hou nie
By die plaas se wilgerboom kan ek ure sit en droom
Dan verlang ek weer na Joey
Hierdie hart verlang na jou

Mis jou glimlag
En jou asem, terwyl jy my 'n soen gee op my wang
En jou blou oë wat vir my kyk
Hoe sal ek jou ooit dan kan vervang?

Joey, my hart kan dit nie hou nie
By die plaas se wilgerboom kan ek ure sit en droom
Dan verlang ek weer na Joey

My hart kan dit nie hou nie
By die plaas se wilgerboom kan ek ure sit en droom
Dan verlang ek weer na Joey
Hierdie hart verlang na jou (Joey)
Hierdie hart verlang na jou (Joey)
Hierdie hart verlang na jou

Trivia about the song Joey by Ricus Nel

When was the song “Joey” released by Ricus Nel?
The song Joey was released in 2013, on the album “Sout Van Die Aarde”.

Most popular songs of Ricus Nel

Other artists of Middle of the Road (MOR)