My Vissermanvriend se Pa

Ek sing 'n liedjie sonder fancy woorde
Oor 'n oom wat ek nooit ooit sal vergeet nie
Hierdie woorde maak 'n prentjie
Van 'n oom wat van sleg dinge niks wou weet nie

En as ek aan hom dink
Dan word ek stil
En ek verlang weer
Na my vissermanvriend se pa

As die son sak en die wind gaan lê
En die bote kies koers na die waters
Dan dink ek terug
Aan my vissermanvriend se pa

Met sy vellies en sy kniebroek maak hy grappies
En die waarhede op die punt van sy tong
Laat my besef hy was 'n pa
Vir ons almal

Elke diertjie elke voëltjie het 'n doel in sy bestaan
Dis ook vir 'n slegte vrou
Dis die laaste woorde
Van 'n oom wat nooit wou afbreek maar wou bou

En as ek aan hom dink
Dan word ek stil
En ek verlang weer
Na my vissermanvriend se pa

As die son sak en die wind gaan lê
En die bote kies koers na die waters
Dan dink ek terug
Aan my vissermanvriend se pa

Met sy vellies en sy kniebroek maak hy grappies
En die waarhede op die punt van sy tong
Laat my besef hy was 'n pa
Vir ons almal

Trivia about the song My Vissermanvriend se Pa by Robbie Wessels

When was the song “My Vissermanvriend se Pa” released by Robbie Wessels?
The song My Vissermanvriend se Pa was released in 2005, on the album “My Vissermanvriend Se Pa”.

Most popular songs of Robbie Wessels

Other artists of Middle of the Road (MOR)