Slapchips en Atjar
Moeg geluister moeg gelewe soos ander mense wil
Tyd geword om om te draait te glo in wat ek glo
So sal ek my spore los my eie sere seerkry
So sal ek my trane stort my eie trane stort
Dit het tyd geword
Om my eie mens te word
Daar was trane in ‘n Hatfield hoekkafee
Opwinding in elke tweede tree
Dit was somer dit was herfs en dit was lente
Ons was vryer as die wind met ons laaste laaste sente
Vir ons brood gekoop met slapchips en atjar
Dit was die land van melk en heuning langs die Aapiesrivier
Ons weet nie wie ons is nie maar dis nou en ons is hier
Ek onthou die koshuis socials die deurnagdrinkery
Sidewalk cafe House of Blues smoordronk ek en jy
Ons het leeg gebly nooit ons siele daar gekry