Snoekie
Daar's 'n special op whisky by Teazers van half agt tot tien
En ons almal is daar om ons groot vriend se meisie te sien
Sy maak haar debut op die dansvloer na jare se wag
En Hendrik haar boyfriend staan reg om te kyk wie lag
En ons drink whisky hier by Teazers
En Snoekie dans so mooi
En ons almal se speedometers
Is al in die rooi
Want jy's pragtig Snoekie
Al is jou broek nie aan
En net daar besef ons Snoekie is 'n man
Nou vir Hendrik was daai aand 'n bittere pil om te sluk
Want vir maande het hy elke naweek vir haar vasgedruk
Vir maande was Hendrik ons groot vriend se hart baie seer
Want sy't altyd gesê dis haar sleutels of haar geweer
En ons drink whisky hier by Teazers
En Snoekie dans weer mooi
En ons almal se speedometers
Is nie meer in die rooi
Want jy's pragtig Snoekie
Maar hou net aan jou broek
Want Hendrik het al klaar teveel gevloek
Nou drink ons brandy hier by Presleys
Want Hendrik het gevra
Dat ons asseblief moet padgee
Want ons kan ons nie gedra
Brandy en cola ons kyk vir Lola
En sy dans net so rof
Maar Hendrik sê sy's donners onbeskof