Waar Le Jy Vanaand
Dink jy ook aan my soos ek vannand aan jou dink?
Weet jy ook dat ons mekaar eers later moes raak drink?
Tel jy ook soos ek vanaand die aande wat oraait was?
Besef jy ook ons hou mekaar nog vas?
Wat maak jy vanaand as ek na Koos Dup luister?
Maak jy jou paaie opdraend raak jy die paaie byster?
Teen my wil mis ek jou vanaand
Waar lê jy vanaand?
Waar lê jy vanaand?
Lê jy langs iemand?
As jy doen moet my nooit vergeet nie
As jy doen wil ek nie daarvan weet nie
Saam met jou wense daar was nie soveel vrees nie
Sonder jou wense jy was nooit daar gewees nie
Ek wou jou nooit seermaak en jy ook nie vir my nie
Ons was dalk net te lief vir mekaar
Maar ek hoop ek loop jou raak weer eendag in die somer
En ek hoop jy ruik soos gister en ek hoop jy bly 'n dromer
Hoekom dink ek elke uur aan jou?
Waar lê jy vanaand?
Waar lê jy vanaand?
Lê jy langs iemand?
As jy doen moet my nooit vergeet nie
As jy doen wil ek nie daarvan weet nie
As jy doen moet my nooit vergeet nie
As jy doen wil ek nie daarvan weet nie