Josie Josie

ANTON GOOSEN

Hoe kan ek vertel
Hoe dit is om vry te wees?
Vry soos ’n voël aan die ruimte vasgebind

Vir die wind te sit en sing
En met iemand oud te word
En die flenters en die liefde saam op te tel

Josie Josie
Josie Josie
Moenie jou drome laat natreën nie

Josie Josie
Josie Josie
Hurk by die sterre
’n Mens propvol mens

Hoe kan ek vertel
Hoe dit is om lief te wees?
Vrou of man of kind
Vir die Kaap liedjies te sing

En te soek na als wat waar is
En die boodskap uit te dra
As my hart vanaand so bewe en ver deur my are spoel

Josie Josie
Josie Josie
Moenie jou drome laat natreën nie

Josie Josie
Josie Josie
Hurk by die sterre
'n Mens propvol mens

Hoe kan ek vertel
Wat dit is wat ek aan glo?
As ek elke dag, van voor af leer om verder as ver te sien

En as die ster van Bethlehem
Deur my trane voor my dans
En die lig in die vallei, deur die donker weg gedra word

Josie Josie
Josie Josie
Moenie jou drome so laat natreën nie

Josie Josie
Josie Josie

Josie Josie
Josie Josie
Moenie jou drome laat natreën nie

Josie Josie
Josie Josie
Hurk by die sterre
'n Mens propvol mens

Josie Josie
Josie Josie
Josie Josie
Josie Josie

Trivia about the song Josie Josie by Sonja Herholdt

Who composed the song “Josie Josie” by Sonja Herholdt?
The song “Josie Josie” by Sonja Herholdt was composed by ANTON GOOSEN.

Most popular songs of Sonja Herholdt

Other artists of Afrikaans