Delila

Sy sit haar ogies aan
Ai, my lam, is jy moeg?
Wil jy dan gaan?
Die mense hier is dood
Ek het laas ’n siel gesien op die pad
En hy was
Papnat
Seker veertig
In ’n knoophemp
Daar was weerlig
Dit was Jesus
Ek is seker

Sy boet in donkerblou
Dis my jongdae-moed wat sy mis
’n Mismoedig
Sy sê ek’s halfpad dood
En sy’t laas my siel gesien
Op die pad
En ek was
Papnat
Seker twintig
In ’n knoophemp
Daar was weerlig
Dit is Jesus
Sy was seker

Delila, vir vier jaar
Het jy my by jou gehou
Maar nou

Sy lig my hande op
Ai, my lam, is dit jy? Wat my so sny
Die mense hier is dood
Ek het laas 'n siel gesien op die pad en dit
Dit brand my
Dit brand jou
Dit het al jou hare af
Gesny

Delila, vir vier jaar
Het jy my by jou gehou
Maar nou

Die herinnering van haar begin
Toe die natuur nog in sy lente was
Die tekstuur van haar woorde soos kleur vanaf ’n nat verfkwas
Dit vul ons portret
Sy dans en ek glimlag
Sy’s ’n sonstraal ek’s middernag
Maar ek’s hoopvol (Hoopvol, hoopvol)
Sy oorrompel my maklik met sagte woorde wat sy mompel
Soos ’n stofpad met kronkel
Sien ek hoe stof daal
En ek wonder
In die weerlig
Was dit Jesus?
Dit was jy
Ja ek’s seker

Delila, vir vier jaar
Jy my by jou gehou

Trivia about the song Delila by Spoegwolf

When was the song “Delila” released by Spoegwolf?
The song Delila was released in 2017, on the album “Die Donker Toring”.

Most popular songs of Spoegwolf

Other artists of