Glenda

Glenda, oh, ek het jou afgejaag in my kop
Ek kan jou opdroom maar dit stop
Voor die vaal stoom jou kaal aan my los
En my dros na stede waar jou danse soos standbeelde dronk
Staan en uitstaar na die preutses en hul skaamblare

Hoe dans die slang dan om jou lyf
As hy jou terug nooi na sy tuin
Waar jy die vrugte almal steel
En met skynheiliges kom deel

Glenda, oh, ek het jou uitgemaak aan haar lyf
Ek kon jou voorstel net voor jy ook skoonveld verdwyn

Jy het my ook opgedra
Aan jou geveg teen onsigbaarheid
Ons taal is ons vrugbaarheid

Hoe dans die slang dan om jou lyf
As hy jou terug nooi na sy tuin
Waar jy die vrugte almal steel
En met skynheiliges kom deel

Trivia about the song Glenda by Spoegwolf

When was the song “Glenda” released by Spoegwolf?
The song Glenda was released in 2015, on the album “Somer”.

Most popular songs of Spoegwolf

Other artists of