Lalabai

Ek het ʼn huis aan die bokant van my toekoms
Waar jy jou kindertjies bad
En selfs die spoke
Soos duiwe
Aan die lyne lag

Ek het ʼn pyl in die harde deel van my kopbeen
Waarom die bloed klop soos ʼn drom
En min
Min maar soms stop
As jy nader kom

Jy strike my soos ʼn flint
My hande bly agter my kop
Ek kyk op
Wakker sweet soos elke aand
Kan die Here my laat slaap?
En jy lyk laat maar jy staan en sê jy sien my hier rond
Jy sien my

Ai Lalabai maak my oë tog toe
Toe, toe, toe, toe
Na jou toe, toe, toe
Maak my nie so alleen, alleen, alleen, alleen, alleen
Na jou toe heen
Na jou toe

Ek het jou lyf in die voorportaal besoek
En in die gange waar geeste dwaal en vloek
Vloek en hulle fluister
As hulle ook na jou soek

Nee jy strike my soos ʼn flint
My hande bly agter my kop
Ek kyk op
In wakker sweet soos elke aand
Kan die Here my laat slaap?
En jy lyk laat maar jy staan en sê jy sien my hier rond
Jy sien my

Ai Lalabai maak my oë tog toe
Toe, toe, toe, toe
Na jou toe, toe, toe
Maak my nie so alleen, alleen, alleen, alleen, alleen
Na jou toe heen
Na jou toe

Trivia about the song Lalabai by Spoegwolf

When was the song “Lalabai” released by Spoegwolf?
The song Lalabai was released in 2015, on the album “Somer”.

Most popular songs of Spoegwolf

Other artists of