Lenie Blou

Maa' ek het gisteraand weer gewonder
Of ek vir jou maar kan bel
Ek het jou nommer in my kop en in my mond afgetel
Daar was 'n spook in my bed
Sy wil my kaal uittrek
Sy wil my doop en my red
En by my vriende brag en sê
Hy's by my
Hy's by my
Hy's by my
Hy's by my

Nee, dit was vier uur in die oggend toe ek jou bene sien
Met daai goue lint
Wat om jou enkel bind
Jy sê Danie, jy sal my ook maar vir nooit weer kan sien
Jy't te veel geroep en te veel gedink

Maak it by verby
By met my
By verby
By met my

O Lenie, ek sweer dat as die oggend kom
Sal ek steeds hier staan, soos jou clown vermom
En jou pa kan skree, jou moed kan breek
Daar's altyd moed wat in my steek
Ja hei, hei hei hei, my Lenie Blou
Hierdie bos brand net vir jou
Hei hei hei, my Lenie Blou
My Lenie Blou

Met jou donkerblou sukkel ek om asem te haal
En die klip in die lug
Lyk vir my te kaal
Ek't jou gesê selfs die engele sal my nooit kan keer nie
Ek het eenkeer verloor en nooit nooit weer nie
Jy's (Jy's) Vir my
Die lig (Die lig) In my
Ja jy's (Jy's vir my)
Die lig (Die lig in my)

O Lenie, ek sweer dat as die oggend kom
Sal ek steeds hier staan, soos jou clown vermom
En jou pa kan skree
Jou moed kan breek
Daar's altyd moed wat in my steek
Ja hei, hei hei hei, my Lenie Blou
Hierdie bos brand net vir jou
Hei hei hei, my Lenie Blou
My Lenie Blou
Ja hei (Hei hei hei, my Lenie Blou, hierdie bos brand net vir jou)
(Hei hei hei, my Lenie Blou, my Lenie Blou)

Trivia about the song Lenie Blou by Spoegwolf

When was the song “Lenie Blou” released by Spoegwolf?
The song Lenie Blou was released in 2012, on the album “Swaartekrag”.

Most popular songs of Spoegwolf

Other artists of