Noorde

Dis in die oorsig
Dis in die gly
Dis daai foto wat ’n wit flits maak in my
Deur al hierdie dode
Was dit jy
Al my woorde word klein
Ek kan dit amper by jou kry
Ek kan dit amper by jou kry

Dis in die bome
Dis hier om te bly
Dit ruik na die klam bries wat haar opvoel in jou trui
Die lig wat jy uittrek
Sal nog aan my klou
Al my bene word koud

Maar ek wag nog hier op jou
Maar ek wag nog hier op jou

Die blond op jou hare
Is op my uitgemors
Dis donker in die toring
Daar's 'n ruit in jou bors

Trivia about the song Noorde by Spoegwolf

When was the song “Noorde” released by Spoegwolf?
The song Noorde was released in 2017, on the album “Die Donker Toring”.

Most popular songs of Spoegwolf

Other artists of