Stukkend

Dit reën in Bethlehem
Ek was lanklaas by die huis
Jy stuur foto's wat die
Amandelbome wys

Hoe raas jou oë soos die skemer se see
Jou klere wolk weg voor die maan
Ek het verdwaal
En ja, dis seer
Maar baie is al erger deur

Jou stem is soet ek hoor dit wel maar ek het oud geword en
My kop is seer jou woorde drom ek is vêr van als

Ons het nie tot hier gekom om op te gee nie, jy dink ek's stukkend
Jy't geen idee nie
Kyk hoe trеk ons teëstand oor die heuwеl saam
Kyk hoe hulle hardloop

Ek het jou in my donker leer ken
Jy was die glinstering van goud
Ek het geskarrel soos 'n eekhoring deur jou woud

Môre is ek weer op die pad
Ek dra jou oral met my mee
Soms as 'n droom
Soms as 'n wolkbreek-miltsteek

Jou stem is soet ek hoor dit wel maar ek het oud geword en
My kop is seer jou woorde drom ek is vêr van als

Ons het nie tot hier gekom om op te gee nie, jy dink ek's stukkend
Jy't geen idee nie
Kyk hoe trek ons teëstand oor die heuwel saam
Kyk hoe hulle hardloop
As ek opstaan

Ja, jy (Ons het nie tot hier gekom om op te gee nie)
Van die skare (Jy dink ek's stukkend)
Trek my nader (Jy't geen idee nie)
Kyk hoe trek ons teëstand oor die heuwel saam
Kyk hoe hulle hardloop
As ek opstaan

Trivia about the song Stukkend by Spoegwolf

When was the song “Stukkend” released by Spoegwolf?
The song Stukkend was released in 2022, on the album “Droombrief”.

Most popular songs of Spoegwolf

Other artists of