Jagter
Los vir my daar
Daar doer in die bosveld
Waar die lewe begin
Waar die teerpad eindig
Onder die ou Moepanie
Voel dit heilig
Los vir my daar
Want daar is ek veilig
Ek wil die oggend begin
Met 'n blik vol koffie
En in die aand gaan bad
Onder die hitte van 'n donkie
Ek is jagter
Ek het my siel in die bos verloor
En in die volmaan opgespoor
Tussen die Guarriebos waar die kudu spook en 'n jakkals tjank soos 'n geweerskoot
Ek is jagter
Vat my bosveld toe
Ek is jagter
Vat my bosveld toe
Waar 'n bosveld is
Daar lê my hart
Langs 'n rooi grondpad
En hakkiesdraad
By die ou plaashek
Dis waar ek sal wag
Dis waar die manne bymekaar kom
So begin die jag
Want dis hier waar jy
My kan neerlê
Waar ek lang gesprekke
Met die oubaas het
Ek is jagter
Ek het my siel in die bos verloor
En in die volmaan opgespoor
Tussen die Guarriebos waar die kudu spook en 'n jakkals tjank soos 'n geweerskoot
Ek is jagter
Vat my bosveld toe
Ek is jagter
Vat my bosveld toe
Want dit is hier waar ek weer net 'n man van die bos kan wees
Dit is daai iets wat die gees van die jag vir jou kan gee
Want ek is jagter