Lied Vir Luna
In my geestesoog sien ek
Hoe ek en jy praat
Oor die dinge wat jy lief het
En die dinge wat jy haat
Jy moet weet ek sal beskerm
Jou op my hande dra
Hierdie is my belofte
Aan ‘n dogter van ‘n pa
Jy gaan seerkry sterker opstaan
Jy gaan aanbeweeg
Jy sal altyd glo in liefde
Al is jou hart soms leeg
Volg jou dromespore
Al moet jy soms verdwaal
Jy’s die skrywer jy’s die woorde
Van jou eie verhaal
Al is jy bang moet jy weet
Dat ek oor jou sal waak
Nes soos skaduwee
Sal ek reg langs jou staan
Ek sal antwoord as jy roep
Ek sal luister na jou vrae
Luna jy moet weet
Jy’s my kind jy’s my maan
Ek voel hoe jy my hand raak
In jou moeder se maag
Dis die hitte van my hande
Wat jou glo rustig maak
Ek sien die blomme in jou hare
Ek sien die lente in jou oë
Jy sal Hom ken in Sy goedheid
En van die Hemel daarbo
En weet as jy verdwaal
In die reën en die hael
Is ons die huisie op die heuwel
Met die stoepligte aan
Al is jy bang moet jy weet
Dat ek oor jou sal waak
Nes soos skaduwee
Sal ek reg langs jou staan
Ek sal antwoord as jy roep
Ek sal luister na jou vrae
Luna jy moet weet
Jy’s my kind jy’s my maan