Monoloog

Daar was ‘n rolbos met vere in
En ‘n dronk man wat Psalms sing
‘n Engel met ‘n draadkar wat water bring

My Karoo was wel droog
Met lammers wat op skedels loop
Gaan ons vandag ‘n geloofsman, ‘n moordenaar doop
Smeer net eers sy hande met Camphor room

My seun dit gaan reën
My seun ons gaan dans
My hartjie, my liefie
Ons ark is gebou

My siel was droog
Jy was my hoop en my hoop
Kom ons stap dan vir oulaas saam in monoloog
Kom ons stap dan vir oulaas saam in monoloog

Ek sien hoe skrop jy nog vir vere
Want jy wou nog vir jou vlerke bou
Die ombutsman het jou glo uit die hemel weerhou

Jou een voet in die reën
En die ander in die graf my seun
Sal jy vandag met ‘n glimlag
Jou vyand se voete was?

Be humble, be kind
Trust the Lord my child

My seun dit gaan reën
My seun ons gaan dans
My hartjie, my liefie
Ons ark is gebou

My siel was droog
Jy was my hoop en my hoop
Kom ons stap dan vir oulaas saam in monoloog
Kom ons stap dan vir oulaas saam in monoloog

My seun dit gaan reën
My seun ons gaan dans
My hartjie, my liefie
Ons ark is gebou

My siel was droog
Jy was my hoop en my hoop
Kom ons stap dan vir oulaas saam in monoloog
Kom ons stap dan vir oulaas saam in monoloog

Trivia about the song Monoloog by Appel

When was the song “Monoloog” released by Appel?
The song Monoloog was released in 2021, on the album “Hardwerkende Man”.

Most popular songs of Appel

Other artists of