Terpentyn
En ek sit alweer by 'n tafel alleen
En die song wat speel was jou nommer een
Gedagtes van ons dwaal in my kop
Dit speel met my hart en dit hou net nie op
Gee my net terpentyn
Om die verf af te was tussen jou en my
Nog 'n slukkie van daai goeie ou wyn
Ek wil alles vergeet wat ons kon beskryf
Want jy is die einde van my
Ja jy is die einde van my
En hoor jy my soos ek snags na jou roep?
Ek skreeu in my slaap soos ek saans na jou soek
Ek wens ek kon vergewe leef en laat leef
Maar jou menslikheid was net te wreed
Gee my net terpentyn
Om die verf af te was tussen jou en my
Nog 'n slukkie van daai goeie ou wyn
Ek wil alles vergeet wat ons kon beskryf
Want jy is die einde van my
Ja jy is die einde van my
En gee my net terpentyn
Of goeie wyn
Ek wil alles van jou uitvee
Wat jou kan beskryf want jy
Jy is die einde van my
Gee my net terpentyn
Om die verf af te was tussen jou en my
Nog een slukkie van daai goeie ou wyn
Ek wil alles vergeet wat ons kon beskryf
Want jy is die einde van my
Ja jy is die einde van my
Ja jy is die einde van my
Jy is die einde van my
En hier sit ek alweer by 'n tafel vir een
En al was jy hier
Bly ek steeds alleen