Almal Trap 'N Spoor

GROENEWALD JOHN SUTHERLAND

Elke liewe dier van leeu tot by mier
Van olifant tot duisendpoot trap almal spore klein en groot

Oom slang maak wiele in die sand, voëls maak spore as hul land
Slak se spore blink in die dag en erdvark loop net in die nag

Kameelperd trap so ver uit mekaar, olifant trap groot en swaar
Springbok vat net hier en daar grond en apies loop in die bome rond

Elke liewe dier van leeu tot by mier
Van olifant tot duisendpoot trap almal spore klein en groot

Jakkals maak 'n skelm spoor, otter loop in die watervoor
Seekoei trap in die water rond, krokkedil se maag sleep op die grond

Skilpad loop soos 'n vier by vier, geitjies loop mos teen die muur
Leeus die het 'n groot kat spoor en duisendpoot trap oor en oor

Elke liewe dier van leeu tot by mier
Van olifant tot duisendpoot trap almal spore klein en groot

Trivia about the song Almal Trap 'N Spoor by Carike Keuzenkamp

Who composed the song “Almal Trap 'N Spoor” by Carike Keuzenkamp?
The song “Almal Trap 'N Spoor” by Carike Keuzenkamp was composed by GROENEWALD JOHN SUTHERLAND.

Most popular songs of Carike Keuzenkamp

Other artists of Middle of the Road (MOR)