As Die Suidoos Gaan Le

As die Suidoos teen ou Tafelberg waai
Staan lywwe styf tot daar in die baai
Dit waai in die Boland, dit waai in die Kaap
Dit waai kaalvoet klonkies uit Adderlystraat

Die seemeeue hang wit en hul swets teen die wind
Dit raak soms te erg vir die Kaapstad se kind
Dit huil en dit kreun dis 'n droewige noot
As die Suidooster waai is die strate mos dood

As die Suidoos gaan lê, as die Suidoos gaan lê
Wie kan dit mooier as die aand stilte sê
As die Suidoos gaan lê, as die Suidoos gaan lê
Wie kan dit mooier as die tortelduif sê

Die Suidoos se wolke hang wit teen die Kaap
Van Donk blaas sy rook tot in Adderlystraat
Hy waai al die sondes tot ver in die see
As hy net wil stil raak, sal ons hom vergeef

As die Suidoos gaan lê, as die Suidoos gaan lê
Wie kan dit mooier as die aand stilte sê
As die Suidoos gaan lê, as die Suidoos gaan lê
Wie kan dit mooier as die tortelduif sê

As die Suidoos gaan lê, as die Suidoos gaan lê
Wie kan dit mooier as die aand stilte sê
As die Suidoos gaan lê, as die Suidoos gaan lê
Wie kan dit mooier as die tortelduif sê

Trivia about the song As Die Suidoos Gaan Le by Carike Keuzenkamp

When was the song “As Die Suidoos Gaan Le” released by Carike Keuzenkamp?
The song As Die Suidoos Gaan Le was released in 2009, on the album “Ek Sing”.

Most popular songs of Carike Keuzenkamp

Other artists of Middle of the Road (MOR)