Daars Mense Wat Ons Help
Daar's mense wat ons help
Mense wat jy kan vertrou
Mense wat verstaan
Vra maar net hulle help vir jou
En as jy ooit verdwaal
Of soek net 'n bietjie raad
Vra maar een van hulle
Daar's dalk een in jou straat
Polisieman sal altyd help, sy werk is om te dien
Hy praat met kinders in die straat en gee hul goeie raad
Brandweer man is net so gaaf, hulle help ook waar hulle kan
Hulle maak nie net die vure dood maar doen als wat ons vra
Die juffrou ken geheime jy kan haar maar vertrou
Sy's amper soos 'n mamma en sy luiter graag na jou
Maar praat nie met 'n vreemdeling as jy hom nie goed ken
Hardloop weg na mense toe na iemand wat jy ken
Daar's mense wat ons help
Mense wat jy kan vertrou
Praat gerus met hulle, hulle hoor vir jou
Verkeerskonstabels, dokters, 'n tandarts en 'n dominee
'n Prokureur, apteker hulle help vir jou
'n Winkellier, 'n haarkapper, pastoor en vlieënier
'n Skoolhoof, onderwyser hulle help vir jou
Daar's mense wat ons help
Mense wat jy kan vertrou
Praat gerus met hulle, hulle hoor vir jou
Hulle's lief vir kinders en hulle's lief vir jou
Hulle's lief vir kinders en hulle's lief vir jou