Die Oujaar Is Vergete

Die Oujaar is vergete want Nuwejaar is hier
Daar's borrelende vreugde die Kaap is vol plesier

Ou Tafelberg die glimlag die klopse huppel vlink
Van slaap is daar geen sprake, net eet en dans en drink
Ek's bly ek is 'n Kaapenaar hier naby aan die see
Van Vrystaat en Transvaal stroom almal hier

Die Oujaar is vergete en Kaapenaars voel vry
Selfs skool is nou vergete, gesiggies glimlag bly
Van werk is daar geen sprake, fabrieke is gesluit
Nou eet ons kreef en oesters, en kamp behoorlik uit

Van oral stroom die mense en gaap hul byna stom
Want oral hoor jy banjoes, kitaar en saksofoon
Nou is ons almal Kaapenaar in opgewekte gees
Want Nuwejaar dan vier ons almal fees

Die Oujaar is vergete want Nuwejaar is hier
Daar's borrelende vreugde die Kaap is vol plesier
Ou Tafelberg die glimlag die klopse huppel vlink
Van slaap is daar geen sprake net eet en dans en drink

Dit baat nie om te kla nie, wat kry jy tog daarvoor
Vergeet al jou probleme, sing saam dat almal hoor

Die Oujaar is vergete want Nuwejaar is hier
Daar's borrelende vreugde die Kaap is vol plesier
Ou Tafelberg die glimlag die klopse huppel vlink
Van slaap is daar geen sprake net eet en dans en drink

Van oral stroom die mense en gaap hul byna stom
Want oral hoor jy banjoes, kitaar en saksofoon
Nou is ons almal Kaapenaars in opgewekte gees
Want Nuwejaar dan vier ons almal fees

Die Oujaar is vergete want Nuwejaar is hier
Daar's borrelende vreugde die Kaap is vol plesier
Die oujaar is vergete en Kaapenaars voel vry
Want Nuwejaar dan vier ons almal lekker fees

Trivia about the song Die Oujaar Is Vergete by Carike Keuzenkamp

When was the song “Die Oujaar Is Vergete” released by Carike Keuzenkamp?
The song Die Oujaar Is Vergete was released in 2009, on the album “Ek Sing”.

Most popular songs of Carike Keuzenkamp

Other artists of Middle of the Road (MOR)