Elke Liewe Skemer

Die skemeraand se skadu's is vol heimwee
Die sekelmaan se lem skyn deur die nag
Die lentereën se lied is vol verlange
Die môrester se blink begroet die dag

Elke liewe skemer kom daar 'n hunkering
Na jou hand so warm in myne
Waar ons saamstap langs die watervoor
En die naglied van die liefde hoor

Elke liewe skemer kom daar herinnering
Van jou hand so sterk in myne
Waar ons korsies vir die swale voer
En jou liefde my bekoor

Katjiepierings blom my hart vol heimwee
Roosmaryn se geur is vir onthou
Die wilgerboom se swaai hang stil vir late
Die somermaan se strale soek na jou

Elke liewe skemer kom daar 'n hunkering
Na jou hand so warm in myne
Waar ons saamstap langs die watervoor
En die laglied van die liefde hoor

Elke liewe skemer kom daar herinnering
Van jou hand so sterk in myne
Waar ons korsies vir die swale voer
En jou liefde my bekoor

Elke liewe skemer kom daar 'n hunkering
Na jou hand so warm in myne
Waar ons saamstap langs die watervoor
En die laglied van die liefde hoor

Elke nuwe skemer kom daar herinnering
Van jou hand so sterk in myne
Waar ons korsies vir die swale voer
En jou liefde my bekoor

Elke nuwe skemer

Trivia about the song Elke Liewe Skemer by Carike Keuzenkamp

When was the song “Elke Liewe Skemer” released by Carike Keuzenkamp?
The song Elke Liewe Skemer was released in 2009, on the album “Ek Sing”.

Most popular songs of Carike Keuzenkamp

Other artists of Middle of the Road (MOR)