Goeie Maniere

Goeie maniere leer jy by die huis
Mamma en pappa sal dit vir jou wys
Jy gaan dit nodig hê net waar jy gaan
As jy eendag groot is sal jy dit verstaan

Goeie manier, tel op jou papiere
Vra asseblief as jy ietsie wil hê
Sê altyd dankie vir als wat jy kry
Wees altyd vriendlik en wees altyd bly

Tel op jou speelgoed en maak op jou bed
Deel met jou maatjies dit wat jy het
Praat net die waarheid en voor jy gaan slaap
Vra Liewe Jesus om oor jou te waak

Goeie maniere vertel iets van jou
Dit moet jy altyd en orals onthou
Mense let op wat jy doen wat jy sê
Dis lekker om goeie maniere te hê

Goeie manier, tel op jou papiere
Vra asseblief as jy ietsie wil hê
Sê altyd dankie vir als wat jy kry
Wees altyd vriendlik en wees altyd bly

Tel op jou speelgoed en maak op jou bed
Deel met jou maatjies, dit wat jy het
Praat net die waarheid en voor jy gaan slaap
Vra Liewe Jesus om oor jou te waak

Trivia about the song Goeie Maniere by Carike Keuzenkamp

When was the song “Goeie Maniere” released by Carike Keuzenkamp?
The song Goeie Maniere was released in 2009, on the album “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 6”.

Most popular songs of Carike Keuzenkamp

Other artists of Middle of the Road (MOR)