Jan Pietman De Lange

Hoog in die berge by Ceres
Met oë so blou soos die see
Woon hy alleen in sy huisie
By stiltes wat vrede kan gee

Hy is bevriend met die sonskyn
Sy arms en bene is bruin
'n Man wat verstaan dat die lewe
Die water verander in wyn

Hy, hy, hy, is Jan Pietman De Lange
Hy, hy, hy is 'n droom van 'n man
Hy, hy, hy hierdie boer van die hange
Hom wil ek hê ek wil sy hart by my laat lê

Diep in sy oë woon 'n storie
Wat niemand lees of verstaan
Sy siel se gordyne is donker
Sy hart ken die lig van die maan

Ek ken sy hart se geheime
Ek lees die taal van sy lyf
Ek glo hy word eendag myne
En deel in my hart se bedryf

Hy, hy, hy, is Jan Pietman De Lange
Hy, hy, hy is 'n droom van 'n man
Daar by sy spoor in die berge
Wil ek gaan bly, daar wil ek woon, saam met hom droom

Hy, hy, hy, is Jan Pietman De Lange
Hy, hy, hy is 'n droom van 'n man
Hy, hy, hy hierdie boer van die hange
Hom wil ek hê ek wil sy hart by my laat lê

Hy, hy, hy, is Jan Pietman De Lange
Hom wil ek hê ek wil sy hart by my laat lê

Hom wil ek hê ek wil sy hart by my laat lê

Trivia about the song Jan Pietman De Lange by Carike Keuzenkamp

When was the song “Jan Pietman De Lange” released by Carike Keuzenkamp?
The song Jan Pietman De Lange was released in 2009, on the album “Net Een Soos Jy”.

Most popular songs of Carike Keuzenkamp

Other artists of Middle of the Road (MOR)