Kleure

Die reënboog het die mooiste jas, vol kleure in sy klerekas
Hy hang in die lug soos 'n hangbrug
Kom ons sing en ons leer watter kleur is watter kleur

Rooi soos bloed en 'n brandweer wa
Grys is 'n haai en 'n muis wat pla
Groen soos die gras, bruin soos 'n haas
Geel soos 'n piesang en 'n groot stuk kaas

Swart soos die nag en tok-tokkie se dop
Wit soos wol en die wolkies bo jou kop
Blou soos die hemel en die diep blou see
Meng jy dit weer, kry jy 'n ander kleur

Elke ding
En elke dier het 'n kleur wat jy kan leer
Al die kleure van die reënboog
Kom ons sing en ons leer watter kleur is watter kleur

Rooi soos bloed en 'n brandweer wa
Grys is 'n haai en 'n muis wat pla
Groen soos die gras, bruin soos 'n haas
Geel soos 'n piesang en 'n groot stuk kaas

Swart soos die nag en tok-tokkie se dop
Wit soos wol en die wolkies bo jou kop
Blou soos die hemel en die diep blou see
Meng jy dit weer, kry jy 'n ander kleur

Trivia about the song Kleure by Carike Keuzenkamp

When was the song “Kleure” released by Carike Keuzenkamp?
The song Kleure was released in 2009, on the album “Carike & Ghoempie Kuier Saam Met Ghoeghoe In Kinderland 6”.

Most popular songs of Carike Keuzenkamp

Other artists of Middle of the Road (MOR)