Oom Hoenderhaan
Op elke plaas woon 'n hoenderhaan, wat elke môre vroeg op staan
Elke oggend dou voor dag staan hy vir die son en wag
Hy kraai tot almal wakker is, sê staan op jy't klaar gerus
Koekeroekeroe sê hy begin nou met die werkery
Oom Hoenderhaan, oom Hoenderhaan Is die wekker van die plaas
As hy verslaap is die wêreld laat van die diere tot die baas
Hy weet waar lê die lang wyser en die korte staan op vyf
Oom Hoenderhaan, oom Hoenderhaan, jy't 'n wekker in jou lyf
Oom Hoenderhaan, oom Hoenderhaan, jy't 'n wekker in jou lyf
Oom Hoenderhaan, oom Hoenderhaan is die wekker van die plaas
As hy verslaap is die wêreld laat, van die diere tot by die baas
Hy weet waar lê die lang wyser en die korte staan op vyf
Oom Hoenderhaan, oom Hoenderhaan, jy't 'n wekker in jou lyf
Oom Hoenderhaan, oom Hoenderhaan, jy't 'n wekker in jou lyf