Op Sondag Gaan Ons Kerk Toe
Op Sondag gaan ons kerk toe
Op Maandag na die werk
Op Dinsdag weet ek altyd nog die Here maak my sterk
Op Woensdag en op Donderdag bly die Heer getrou
Want Vrydag en ook Saterdag, Sy hande oor my hou
Die Heer maak al die dae die maande van die jaar
Seisoene kan maar kom en gaan maar Hy bly altyd daar
En as ek soms nog wonder waar is die Heer se mag
Hy sorg vir alles elke dag, so hou Hy oor my wag