Saam Met Jou Wil Ek Lewe

Ek slenter vroeg môre in Adderleystraat met die blomme verkopers wat al harder praat
Die oggend se rooi lê op skemer satyn en ek wikkel my toe met gedagtes oor jou
'n Mishoring roep van die oorkantste kaai die ligtoring knipoog by Drie-ankerbaai
Ek wikkel my toe met gedagtes oor jou want hier saam met jou het ek my hart verloor

Saam met jou wil ek lewe
Al is jy nie by my
Net jy kan die drome
In my vervul, net jy

Saam met jou wil ek lewe
Met die helderste kleure
Wat heeldag die strate
Om my versier

By die vlooimark vertoef ek 'n wyle of twee gedagte gaan gister se groentemark bly
En bo teen die hang steek Van Dong sy pyp op en Tafelberg kruip sy knietjie weer op
Die Klopse se kleure en ritme en sang bring al daardie vreugdes waarna ek verlang
Ek wikkel my toe met gedagtes oor jou want hier saam met jou het ek my hart verloor

Saam met jou wil ek lewe
Al is jy nie by my
Net jy kan die drome
In my vervul, net jy

Saam met jou wil ek lewe
Met die helderste kleure
Wat heeldag die strate
Om my versier

Saam met jou wil ek lewe
Al is jy nie by my
Net jy kan die drome
In my vervul, net jy

Saam met jou wil ek lewe
Met die helderste kleure
Wat heeldag die strate
Om my versier

Saam met jou wil ek lewe
Al is jy nie by my
Net jy kan die drome
In my vervul, net jy

Saam met jou wil ek lewe
Met die helderste kleure
Wat heeldag die strate
Om my versier

Trivia about the song Saam Met Jou Wil Ek Lewe by Carike Keuzenkamp

When was the song “Saam Met Jou Wil Ek Lewe” released by Carike Keuzenkamp?
The song Saam Met Jou Wil Ek Lewe was released in 2009, on the album “Ek Sing”.

Most popular songs of Carike Keuzenkamp

Other artists of Middle of the Road (MOR)