Sarel Seemonster

As die rook by neusgate dwarrel en draai
En sy seemonster lyfie so rittel en swaai
Sy oƫ soos 2 pierings in die ronte tol
Is daar groot konsert waar ons lekker jol

Hy is die see, see, seemonstertjie
Sy hart is so groot soos die groot oseaan
So wyd soos 'n kinderlag, so diep soos 'n traan
Want hy is Sarel seremonie-monstertjie

Sy vriend Karel Kraai is tog so sjarmant
En hy speel die klavier dat die vonke spat
Ou Sarel wikkel hierdie kant en daardie kant toe
Dan blaas hy nog 'n rokie en skree balke toe

Hy is die see, see, seemonstertjie
Sy hart is so groot soos die groot oseaan
So wyd soos 'n kinderlag, so diep soos 'n traan
Want hy is Sarel seremonie-monstertjie

As klein Dienie drakie so soetjies sing
Is sy hierdie seemonster se feƫkoningin
Maar hy woon in 'n kas by die SAUK
En nooit kan hy Dienie om die ja-woord vra

Hy is die see, see, seemonstertjie
Sy hart is so groot soos die groot oseaan
So wyd soos 'n kinderlag, so diep soos 'n traan
Want hy is Sarel seremonie-monstertjie
Want hy is Sarel seremonie-monstertjie

Most popular songs of Carike Keuzenkamp

Other artists of Middle of the Road (MOR)