Was Ek Maar 'n Digter

Was ek maar 'n digter, sou ek dalk kon beskryf
Wat jy aan my doen
En hoe ek oor jou voel

In gewone taal mag dit klink
As of ek oordryf
As ek probeer hoop ek jy sal verstaan wat ek bedoel

Ek sal jou liefhê tot die hane ophou kraai
Tot die leeu en die lam bymekaar gaan lê
Totdaar stilte oor die aarde kom en die wind nie langer waai
Totdaar gras aan die hemelruim groei sal ek jou liefhê

Totdat al die woorde van my tong verdwyn
Tot die oë beskaam en die son nie meer wil skyn
Tot die berge wegsink in die see, en vir ewig daar bly lê
Dis hoe lank, my liefling, ek jou lief sal hê

Dis jy wat my in gedagtes weg kan voer
Na die maan en die sterre wat deur my venster loer
Jy's die warm van 'n kaggelvuur
Die sprank van vonkelwyn
En die son wat die mis lae soggens laat verdwyn

Ek is net 'n mens en my swakheid lê by jou
Hart en siel gee ek, daar is niks wat ek weerhou
Net voor die woorde opraak is daar iets
Wat ek nog moet sê
Vir ewig liefling, sal ek jou liefhê

Tot die berge wegsink in die see, en vir ewig daar bly lê
Dit is hoe lank, my liefling, ek jou lief sal hê
Dis hoe lank, my liefling, ek jou lief sal hê

Most popular songs of Carike Keuzenkamp

Other artists of Middle of the Road (MOR)