Wilgelied
Daar is 'n lied wat hul sing van twee mense
Van jonge liefde wat nie mag bestaan
Hul mag nie trou teen haar vader se wense
Sy's toegesluit waar die wilgerboom staan
Sing my die lied wat my hart kan betower
Geverf op borde in beelde van blou
Sing my die lied uit die wilger se lower
Dit is die lied wat die tortel onthou
Sy seel haar brief met 'n soen en 'n glimlag
En hoop die water en wind neem dit gou
Na waar hy daar an die oewer bly waghou
Totdat hul môre hul huisie kan bou
Sing my die lied wat my hart kan betower
Geverf op borde in beelde van blou
Sing my die lied uit die wilger se lower
Dit is die lied wat die tortel onthou
Dink aan al die jare wat verby gaan
Dink aan al die liefde saam met jou
Maar die duiwe in die wilger bome
Sal steeds die liefdeslied onthou
Hul vlug toe ver van haar vader se tuiste
Oor vlaktes wyd oor die velde se dou
En toe die dood hulle haal op sy vlerke
Bly hulle leef in twee duifies so blou
Sing my die lied wat my hart kan betower
Geverf op borde in beelde van blou
Sing my die lied uit die wilger se lower
Dit is die lied wat die tortel onthou
Dit is die lied wat die tortel onthou