Die Een

Dis asof ek jou in my arms voel
Voor ek praat weet jy wat ek bedoel
Sonder woorde praat jy met my hart
Dit is hoe ek weet dat jy die een is

Toe ek jou sien het ek jou goed onthou
'n Plek in my het leeg gebly vir jou
Sonder asem waai jy reg deur my
Dit is hoe ek weet dat jy die een is

Ek het so lank gewag vir jou
Jy is die een
Jy is die een

Jy fluister in my oor hallo
Jy is die een
Jy is die een

Dis asof daar 'n nuwe kleur verskyn
Wat opbou soos 'n rond gerolde duin
Jou oë en die glimlag op jou mond
Wys vir my dat jy al reeds die een is

As ek jou oë vir jou kon gebruik
Sal ek vir ewig in my oë kyk
En boeke skryf oor hoe jou hartklop voel
Dit is hoe ek weet dat jy die een is

Ek het so lank gewag vir jou
Jy is die een
Jy is die een

Jy fluister in my oor hallo
Jy is die een
Jy is die een

Ek het so lank gewag vir jou
Jy is die een
Jy is die een

Jy fluister in my oor hallo
Jy is die een
Jy is die een
Jy is die een

Most popular songs of Chane Valentine

Other artists of Middle of the Road (MOR)