Omdat ek jou liefhet

Omdat ek jou lief het
Doen ek dit
Bly ek wag, bly ek sit
Maar ek kan nie meer nie

Omdat jy my hart het
Doen ek dit
Bly ek hoop, bly ek bid
Maar ek kan nie meer nie

Jou leuns het my reeds soveel trane gekos
Ek maak hierdie boeie los

Want jy sê ja
Maar jou hart sê nee
Beteken dit niks as jy jou woord gee?
Judas sê my hoe jy saans jou oë kan sluit?

Jy't my weer langs die kruispad afgelaai
In my hart het daar weer 'n haan gekraai vir jou
Ek kan nie meer nie

Omdat ek jou vas hou in my hart
Bly ek droom en bly ek verward
Maar ek kan nie meer nie

Omdat jy my soek het gaan ek aan
En het ek by jou gestaan
Maar ek kan nie meer nie

Jou leuns het my reeds soveel trane gekos
Ek maak hierdie boeie los

Want jy sê ja
Maar jou hart sê nee
Beteken dit niks as jy jou woord gee?
Judas sê my hoe jy saans jou oë kan sluit?

Jy't my weer langs 'n kruispad afgelaai
In my hart het daar weer 'n haan gekraai vir jou

Maar hierdie lang verhaal van liefde
Eindig in 'n doodloop straat
Iewers in die donker nag
Het die waarheid met my gepraat

Want jy sê ja
Maar jou hart sê nee
Beteken dit niks as jy jou woord gee?
Judas sê my hoe jy saans jou oë kan sluit?

Jy't my weer langs die kruispad afgelaai
In my hart het daar weer 'n haan gekraai vir jou
Maar ek kan nie meer nie

Most popular songs of Chane Valentine

Other artists of Middle of the Road (MOR)