Braaf

BOUWER BOSCH, CHARLIZE BERG, ROUXAN CLOETE

Teruggedraai tyd maak nie saak nie
Omgekeer spyt oor niks nie
As ek als kon oor doen sou ek nie

Lugkasteel ek leen by jou koningkryk
Elke tree nader aan die werklikheid
As ek als kon oor doen sou ek nie
As ek als kon oor doen sou ek nie

Ek en jy een stem hande in mekaar gevou
Veilig val ek voorentoe as jy my in jou arms hou
Ons is braaf saam mekaar

Jy’s die een wat my lees soos ‘n klaargeskryfte boek
Opgestaan aangegaan 'n leeftyd net na jou gesoek
Ons is braaf saam mekaar

Bittersoet trane van jou eerlikheid
Oopgebreek my hart het reeds besluit
Dat ons nooit sal opgee op mekaar

Oor en oor meer as ‘n duisend keer
Sonder twyfel my alles vir jou gee
Ons sal nooit opgee op mekaar
Ons sal nooit opgee op mekaar

Ek en jy een stem hande in mekaar gevou
Veilig val ek voorentoe as jy my in jou arms hou
Ons is braaf saam mekaar

Jy’s die een wat my lees soos ‘n klaargeskryfte boek
Opgestaan aangegaan 'n leeftyd net na jou gesoek
Ons is braaf saam mekaar
Ons is braaf saam mekaar

Ek en jy een stem hande in mekaar gevou
Veilig val ek voorentoe as jy my in jou arms hou
Ons is braaf saam mekaar

Jy’s die een wat my lees soos ‘n klaargeskryfte boek
Opgestaan aangegaan 'n leeftyd net na jou gesoek
Ons is braaf saam mekaar
Ons is braaf saam mekaar

Ek en jy een stem hande in mekaar gevou
Veilig val ek voorentoe as jy my in jou arms hou
Ons is braaf saam mekaar

Most popular songs of CHARLIZE BERG

Other artists of Afrikaans