Verspoel My

Nie bang vir die dood
Maar bang om nie te lewe nie die tou is hoog
Ek stap maar ekke bewe nie want jy is vas aan my
Ek kyk nie af nie

Die Heelal is groot
Net een van jou vir my gemaak net een van 'n soort
Ons siele het mekaar geraak ek weet ek het jou reeds
Maar ek sal aanhou alles gee

Hoe begin ek om vir jou te sê hoe ek hier binne my voel?
Hoe sê ek wat ek bedoel?
Jou liefde versmoor my

Kan my asem net nie langer ophou en die water woel
Dis meer as net 'n gevoel
Jou liefde versmoor my

Jy dra my altyd en maak seker dat ek bo bly
Ek wil net meer van jou hê
Verspoel my

Nie bang om te deel
My lewe is nou een met joune niks is te veel
Die einde kom so bitter gou die seer het geleer
Hande vas toe kom ons net deur

Hoe begin ek om vir jou te sê hoe ek hier binne my voel?
Hoe sê ek wat ek bedoel?
Jou liefde versmoor my

Kan my asem net nie langer ophou en die water woel
Dis meer as net ‘n gevoel
Jou liefde versmoor my

Jy dra my altyd en maak seker dat ek bo bly
Ek wil net meer van jou hê
Verspoel my
Hey verspoel my

Hoe begin ek om vir jou te sê hoe ek hier binne my voel?
Hoe sê ek wat ek bedoel?
Jou liefde versmoor my (Versmoor my)

Kan my asem net nie langer ophou en die water woel
Dis meer as net 'n gevoel
Jou liefde versmoor my

Jy dra my altyd en maak seker dat ek bo bly
Ek wil net meer van jou hê
Verspoel my
Mmmmmmmm

Most popular songs of CHARLIZE BERG

Other artists of Afrikaans