Jy's My Vriend - AKA Friends Are Friends

Jy voel die wêreld draai
En dink jy staan alleen
En om jou wil als wegraak
Of niks meer saak maak

Nêrens om te gaan
Geen ou bekende hand
Tog selfs as als te veel raak
Is ek steeds aan jou kant

Want jy’s my vriend
Wat kan die wêreld sê?
Nou en vir dan
Dis hoe ons dit wil hê

Want jy’s my vriend
Dis ons vir jou en ons vir my
‘n Vriendskap wat vir altyd bly

Vertel my van jou droom
Vertel my van jou wens
Vertel my van die seerkry
Waarna verlang jy?

Die waarheid aan ons kant
En as jy weg moet gaan
Sal niks my kan verander nie
Sal ek nog by jou staan

Want jy’s my vriend
Wat kan die wêreld sê?
Vir nou en vir dan
Dis hoe ons dit wil hê

Want jy’s my vriend
Dis ons vir jou en ons vir my
‘n Vriendskap wat vir altyd bly

Want jy’s my vriend
Is ‘n vriend selfs in die donker
Want jy is my vriend (Is my vriend)
Al dink ek ek is alleen

Want jy’s my vriend
Wat die ander dink en ook mag sê
Hier in my hart is jy die een

Want jy’s my vriend
Wat kan die wêreld sê?(Wat kan die wêreld sê?)
Vir nou en vir dan
Dis hoe ek dit wil hê (Dis hoe ons dit wil hê)

Want jy’s my vriend
Dis ons vir jou en ons vir my
‘n Vriendskap wat vir altyd bly

Most popular songs of Dewald Louw

Other artists of Middle of the Road (MOR)