Bring Lof Aan Die Vader
Bring lof aan die Vader, verheerlik die Seun
Vir liefde, genade, verlossing en steun
Dat elkeen wat glo nie verlore mag gaan
Maar ewig voor Hom as verloste kan staan
Loof die Heer, loof die Heer, sing gelowiges saam
Loof die Heer, loof die Heer, prys sy heilige Naam
Hy kom uit genade ons sondes versoen
Dat ons Hom vrymoedig ons Vader kan noem
Ons lof ons aanbidding, o Vader, ons lied
Is nietige klanke, deur kinders gebied
Tog sien U ons nood en verhoor ons gebed
Oneindig die liefde wat U vir ons het