Die Vuur

As mens tuinmaak moet jy skoffel, nie nou en dan maar elke dag
Dis harde werk en jy moet deurdruk, die vrug is ‘n weelderige blomme prag
Daar lê die onkruid op ‘n bondel, die tuin is skoon en die paadjies reg
Ek steek die vuildgoed aan die brand, die vuur gaan dit verteer dis weg

O kon ek maar met my hart so maak
Geen onkruid nie net ‘n mooi gewas
Maar oe ek ruk en pluk en skoffel
Die wortels sit so diep en vas

Wat ek wil dit doen ek nie
Altyd die doring van die kwaad
Altyd die tweestryd in my hart
Wat ek nie wil nie dit word ‘n daad

Daar lê die onkruid op ‘n bondel, die tuin is skoon en die paadjies reg
Ek steek die vuildgoed aan die brand, die vuur gaan dit verteer dis weg
Kon ek maar met my hart so maak, geen onkruid nie net ‘n mooi gewas
Maar oe ek ruk en pluk en skoffel, die wortels sit so diep en vas

Wat ek wil dit doen ek nie
Altyd die doring van die kwaad
Altyd die tweestryd in my hart
Wat ek nie wil dit word ‘n daad

O kry die onrus nooit en ent?
Kom die vrede nooit tot stand?
O onkuid van my hart word weggegooi en word verbrand

Wat ‘n wonder evangelie woord
Te hoog, te diep vir my verstand
Die vuur wat my nou moet verteer
Dit het op Golgota gebrand
Die vuur wat my nou moet verteer
Dit het op Golgota gebrand

Most popular songs of Jan de Wet

Other artists of