Jerusalem

Ek het laasnag gedroom ek was in ou Jerusalem
En skielik het die tempel van God voor my verrys
Ek hoor toe kinders stemme wat sag en strelend sing
En hoe dit aan God die Here die lof en ere bring
En toe hoor ek ook engele wat saam die loflied sing

Jerusalem Jerusalem
Kom sing die loflied saam
Hosanna, in die hoogste
Hosanna, loof Sy Naam

Die droom het toe verander en skielik was dit stil
'n Duisternis het neergedaal, misterieus en kil
Die aarde het gebewe, en die grafte het oopgegaan
En toe sien ek vaagweg teen die lug drie kruise staan
En aan die een kruis sien ek Hom
Wat daar in my plek hang

Jerusalem Jerusalem
Hoor hoe die Engele sing
Hosanna, in die hoogste
Aan Hom wat hierdie offer bring

Maar skielik was daar as vlinsterwit en helder soos 'n spieël
En voor die Lam het almal in eerbied neergekniel
Ek sien 'n stad van suiwer goud opaal en ametis
En binne was die Here God wat self die tempel is

Sy poorte van twaalf pêrels het vir altyd oop gestaan
En almal wat gewas is deur die Lam kon na binne gaan
Na die nuwe stad Jerusalem wat nooit weer sal vergaan

Jerusalem Jerusalem
'n Nuwe dag breek aan
Hosanna in die Hoogste
Hosanna loof Sy Naam
Hosanna aan die Koning
Hosanna loof Sy Naam

Trivia about the song Jerusalem by Jan de Wet

When was the song “Jerusalem” released by Jan de Wet?
The song Jerusalem was released in 2007, on the album “50 Gewildste Treffers”.

Most popular songs of Jan de Wet

Other artists of