Seisoene

Kyk die mooi seisoene se kleure, helder en bont en sag
Ruik die veld, die blomme, die geure op 'n mooi lentedag

Hoor hoe vloei die waterstrome in 'n stil vallei
Rooibruin blare val uit bome in die herfsgety

Koue winterlug, lente bring somer terug
Oral om ons heen, sagte reën in die lug
En hulle buig voor Hom neer, lof aan die groot Skepper Heer

Lente, somer, winter en herfs, seisoene vir ons gegee
Donkergroen die velde en woude, helder die diep blou see

Hy wat als onderhou
Sal Sy hand oor ons hou
Hy wat alles beheer
Ons Vader Heer

Hy wat als onderhou
Sal Sy hand oor ons hou, ja dis Hy wat alles beheer
Ons Vader Heer

Most popular songs of Jan de Wet

Other artists of