Vul Ons, Met U Gees

Daar val ‘n nuwe reën
In oorvloed om ons neer
Dit is herlewings reën van God se Gees

Wat heling oral bring
En harte weer laat sing
En vreugde strome huppelend laat spring

Dis God wat hierdie nuwe wyn nou skink
En elke mens wat dors is kan kom drink

O Heer laat val U reën
Ons dank U vir hierdie seën
O laat dit sterker val en meer en meer
Dat geen mens en geen mag dit kan keer

Kom was ons skoon o Heer
Kom heilig ons nou weer
Vergewe ons sodat ons skoon kan wees

O God wat hierdie nuwe wyn nou skink
Maak almal om ons dors om te kom drink

O Koning wat regeer
In Gees en waarheid Heer
Is dit ‘n voorsmaak van U hemel fees?

O vul ons, deurdrenk ons met U Gees
O Here kom vul ons met U Gees

Most popular songs of Jan de Wet

Other artists of