Houtskool
Skryf vir my jou hartseer reguit uit op 'n papier sonder lyntjies
En sing vir my jou drome gemaklik op die klavier se hoogste G
En teken vir my jou verlede met net die houtskool in jou hand
Met net die houtskool in jou hand
Want hey, dalk as jy dit regkry is jy meer as wat jy dink
As jy die antwoord kry sê dan vir my
Sê dan vir my
Of bly dit net vir party?
Wys my met jou hande hoe hard jy al wou skree
En luister na onskuldiges se luck sonder om een keer hard te sluk
Vertel my van jou lang verlore liefde sonder om een keer te snik
Sonder om een keer te snik
Want hey, dalk as jy dit regkry is jy meer as wat jy dink
As jy die antwoord kry sê dan vir my
Sê dan vir my
O as jy dit kry
O as jy dit kry
Of bly dit net vir party?
Is jou beursie nou voller, voller as jou hart?
Kom 'n ryk man se plesier ooit naby 'n student met net R21
Ja, hou haar hand maar bietjie stywer vas
Want sy kan waai en as sy weg waai met die herfswind
Dan sal die winter jou vang
O die winter sal jou vang
Want hey, dalk as jy dit regkry is jy meer as wat jy dink
As jy die antwoord kry sê dan vir my
Sê dan vir my
Is dit hoekom jy stil bly?
Jy moet jou eie antwoord kry
So hou op vashou aan gister hou op worry oor môre
En begin leef vandag