Liesl
As ek delf in vol dossiere
Met my gyte en my giere
Vind ek my verlate
In die doodloopstrate
Van wie ek is
Die grense tussen drome
En die afstand na gister
Bly lokkend maar sinister
Want al die paaie
Na Rome lei na jou
Hierdie is ‘n lovesong
Hierdie is ‘n lovesong
En dis joune
As die skadu’s met my weghol
Weet ek jy’s te ver
Dan soek ek songs wat ons sin is
Om die boeie
Van afstand te vergeet
Jy’s die bakstene
Onder my bed
Jy’s die ogiesdraad om my hart
Jou woorde is my bybel
Jou glimlag my hemel
En hierdie is ‘n lovesong
Hierdie is ‘n lovesong
En dis joune