Pleister Van My Hart

Barry Lubbe, Johan Vorster, Lianie May

As ek jou vra
Om my hart te dra
Op die winde oor die velde ‘n duisend dae

Sal jy die seer
Vir my bedoel kan keer?
Sal jy die mooiste drome hou vir my en jou?

Gee my ‘n pleister vir my hart
Gee my ‘n hart om vas te hou
Gee my ‘n lewe saam met jou al is dit net vir nou
Gee my ‘n pleister vir my hart

Waar is daai plek wat ek onthou?
Ek bly nog wonder so oor jou
Sal jy jou weg kan vind na my
Sal jy my halfpad kry?
En bring ‘n pleister vir my hart

Ek was geleer
Dat as jou hart moet skeur
Om die beste van jou hartseer te kan maak

Moet jy weer glo
En bid vir krag van bo
Wat jou sal dra en jou sal hoor as jy dit vra

Gee my ‘n pleister vir my hart
Gee my ‘n hart om vas te hou
Gee my ‘n lewe saam met jou al is dit net vir nou
Gee my ‘n pleister vir my hart

Waar is daai plek wat ek onthou?
Ek bly nog wonder so oor jou
Sal jy jou weg kan vind na my
Sal jy my halfpad kry?
En bring ‘n pleister vir my hart vanaand

Ek’s so alleen ek mis jou elke aand
Want as die donker om my hart kom vou
Wil ek jou sien ek wil jou styf vas hou

Gee my ‘n pleister vir my hart
Gee my ‘n hart om vas te hou
Gee my ‘n lewe saam met jou al is dit net vir nou
Gee my ‘n pleister vir my hart

Waar is daai plek wat ek onthou?
Ek bly nog wonder so oor jou
Sal jy jou weg kan vind na my
Sal jy my halfpad kry?
En bring ‘n pleister vir my hart
Jy bring ‘n pleister vir my hart

Trivia about the song Pleister Van My Hart by Lianie May

Who composed the song “Pleister Van My Hart” by Lianie May?
The song “Pleister Van My Hart” by Lianie May was composed by Barry Lubbe, Johan Vorster, Lianie May.

Most popular songs of Lianie May

Other artists of Country pop