Ek Mis Jou 'n Bietjie

Soms kan ‘n lied ‘n snaar aanraak
En dit neem my terug na jou
En ek tokkel op my ou kitaar
‘n Liedjie waarvan jy sou hou

Elke nou en dan
Onthou ek weer daai iets wat ek elke keer vergeet
En dan voel dit vir my
Of ek net aan jou kan raak

Ek mis jou ‘n bietjie
Want jy’s nie meer hier
Maar soveel herinner my
Vanaand weer aan jou

Ek mis jou ‘n bietjie
En jy kan maar sê
‘n Bietjie gereeld
‘n Bietjie teveel
‘n Bietjie meer elke dag

Ek ry verby ons ou huis
Want ek voel jy is nog daar
Ek sien jou staan daar in die tuin
Maar selfs die blomme het verwelk

Wens ek kon jou nog eenkeer sien
Maar dis alles reeds te laat
Want jy’s weg van my
En ek hoor myself weer sê

Ek mis jou ‘n bietjie
Want jy’s nie meer hier
Maar soveel herinner my
Vanaand weer aan jou

Ek mis jou ‘n bietjie
En jy kan maar sê
‘n Bietjie gereeld
‘n Bietjie teveel
‘n Bietjie meer elke dag

‘n Bietjie gereeld
‘n Bietjie teveel
‘n Bietjie meer elke dag

Trivia about the song Ek Mis Jou 'n Bietjie by Manie Jackson

When was the song “Ek Mis Jou 'n Bietjie” released by Manie Jackson?
The song Ek Mis Jou 'n Bietjie was released in 2014, on the album “Onthou My”.

Most popular songs of Manie Jackson

Other artists of Schlager music